
Gelukkig is dit amper weer tyd vir:
Solidariteit KragDag 2015 vind plaas op 26 & 27 Junie - (9:00 - 16:00)
by Diamantvallei (20km oos van Pretoria)
Ons beleef daagliks die huidige verval in die Suid-Afrikaanse staats- en staatsondersteunde dienste. Ons sien dit in die Eskom fiasko, dreigende waterkrisisse, onderwys en opleiding, veiligheid, munisipale bestuur, landboubedreigings, die degradering van Suid-Afrika in internasionale indekse en vele meer. Teen hierdie agtergrond roep ons jou op met die KragDag leuse "Doen jou eie ding!".
Terwyl Eskom voor die begin van die winter reeds in die media laat weet dat hulle oorweeg om na fase 4 beurtkrag-toepassing oor te gaan, is die KragDag organisasiespan besig om die reëlings in plek te kry vir die jaarlikse KragDag Ekspo.
Soos in ons opskrif gesien kan word, sal hierdie jaar se Ekspo bekendstaan as Solidariteit KragDag 2015. Die rede daarvoor is dat die Solidariteit-beweging as vennoot en hoofborg toegetree het tot KragDag, maar laer af 'n bietjie meer oor die samewerking.
Met die huidige elektrisiteittoestand verwag ons 'n groot toestroming by vanjaar se ekspo. Bring jou gesin en nooi jou vriende vir 'n fees van oplossings, leer, kuier en genot.
Vir die wat nog nie 'n KragDag ekspo bygewoon het nie, of om sommer net weer lus te raak, kyk na die e-Nuus nuusinsetsel hieronder oor KragDag 2014 deur op die videobeeld te klik.