
Deur KragDag word produkbekendstellings en opvoedkundige inligting oor alternatiewe lewenstyloplossings beskikbaar gestel ten einde selfbehoud vir huishoudings, hoewe- en plaasbewoners en kleinondernemings te bevorder. Die fokus is om self of onderlinge versorging moontlik te maak op 'n manier wat wegdoen met afhanklikheid van groot verspreidingsnetwerke. Hierin word veral klem gelê op volhoubaarheid, effektiewe ontwerp om energie en water verbruik te beperk, benutting van alternatiewe energie, veiligheid, opvoeding en voedselproduksie.
KRAGDAG 2014 PROFIEL
KragDag 2014, die sesde jaarlikse KragDag Ekspo, vind plaas op 27 & 28 Junie 2014.
Sowat 164 ondernemings het hulle produkte uitgestal by KragDag 2013 en hierdie ekspo is deur sowat 5600 besoekers bygewoon.
Feitlik alle uitstallers wat by KragDag 2013 uitgestal het, het aangedui dat hulle soveel waarde uit die geleentheid geput het dat hulle weer wil uitstal by KragDag 2014.
UITNODIGING
KragDag nooi u uit om die geleentheid te benut om by KragDag 2014 uit te stal op 27 en 28 Junie.
Die ekspohekke sal om 11:00 open en om 17:00 op 27 Junie sluit, en heropen 09:00 en sluit om 16:00 op 28 Junie vir alle besoekers.
AANSOEK OM UITSTALRUIMTE TE BEKOM
Om uit te stal by die KragDag Ekspo word die volgende van u benodig:
Uitstaller Aansoekvorm (hierby aangeheg).
Betaling vir die uitstalruimte (kostes word aangedui op die aangehegte vorm).
Uitstaller Aansoekvorm en betaling moet ons voor 15 Mei 2014 bereik.
KRAGDAG BIED DIE VOLGENDE AAN DIE UITSTALLERS
U onderneming se kontakbesonderhede en webtuiste-skakel sal opgeneem word op die KragDag webtuiste en sal vir ‘n jaar vertoon word.
U kontakbesonderhede en produkbesonderhede sal ook in KragDag 2014 se program opgeneem word indien u voor 15 Mei 2014 bespreek en betaal .
Indien u ‘n bemarkingsitem (nie pamflet) het om u onderneming se naam te bemark, kan dit by die Eksposak ingesluit word wat tydens registrasie aan besoekers oorhandig word.
OPSIES VIR TEMA UITSTALLERS
SILVER Pakket sluit in: 1x Uitstalruimte van 4m x 4m op Prima spasie op terrein, 1x Gazebo, 1x Tafel, Elektriese punt, 1x A5 Volkleur advertensie in program, verspreiding van tot 3000 pamflette in besoekerssakke, vertoon van 1 banier in Teetuin, 4x afkondiging van u ondernemingnaam oor hoofluidsprekers. Koste R 4 500.00.
GOUE Pakket sluit in: 2x Uitstalruimte van 4m x 4m op Prima spasie op terrein, 2x Gazebo's, 2x Tafel's, Elektriese punt, 1x A5 Volkleur advertensie in program, verspreiding van tot 3000 pamflette in besoekerssakke, vertoon van 1 banier in Teetuin, 4x afkondiging van u ondernemingnaam oor hoofluidsprekers. Koste R 6 000.00.
Let Wel: Alle uitstallers word daartoe verbind om beide dae uit te stal. Uitstallings moet teen 10:30 op die oggend van Vrydag 27 Junie 2014 ingerig wees en alle voertuie moet van die perseel verwyder wees. Alle stalletjies mag eers teen Saterdag 28 Junie om 16:00 afgebreek word. Daar is egter geleentheid om reeds Donderdag 26 Junie vanaf 08:00 deur die loop van die dag die stalletjies te kom opslaan.