Southern African Renewable and Alternative Energy Association (SAAEA)
  • Home
  • ABOUT US
    • Services
    • Advertise with us....
    • Our Partners
    • Privacy Policy
  • MEMBERS
    • Members
    • Membership Benefits
  • News
  • Tenders
  • Technologies
    • Wind
    • Solar PV
    • Solar CSP
    • Solar Water Heating
    • Hydro
    • Biogas
    • Biomass
    • Waste to Energy
    • Fuel Cells
    • Batteries
  • FUNDING
  • Events Calendar
  • Contact Us

Sien ons by KragDag 2014

6/21/2014

0 Comments

 
Picture
Met Suid Afrika se energiekrisis wat tans op die politieke voorgrond geplaas is, is die soeke na oplossings vir hierdie probleem op almal se lippe. Dit wil blyk of daar nie veel hoop op ‘n langtermyn oplossing van Eskom se kant af gaan kom nie, en selfs van die hooggeplaastes in die regering het opgemerk dat Eskom die enigste maatskappy in die wêreld is wat sy kliënte vra om nie sy produk / diens te gebruik nie. Maar nou wat gemaak as Eskom jou in die steek laat, en jy nie meer geneë is om koud en honger te gaan slaap as gevolg van beurtkrag nie? Waar soek ‘n mens praktiese wenke oor hoe om in jou eie energie behoeftes te voorsien?

Daar is baie ander voorbeelde van bestaande sisteme wat nie in die behoeftes van die man op straat voldoen nie. Maar eerder as om moed te verloor, is dit nodig om oplossings te soek wat jou en jou gesin in staat sal stel om verantwoordelikheid te neem vir julle eie dienste.  Daar is egter min plekke waar jy oplossings vir die meerderheid van jou behoeftes alles onder een dak kan kry. Daar is ook min plekke waar die man op straat die prys en kwaliteit van verskillende produkte en/of oplossings direk met mekaar kan vergelyk.  Daar is nog minder plekke waar jy aan hierdie hele proses kan deelneem in Afrikaans.

Die KragDag Ekspo en die CDAA KragDag Seminaar is egter so ‘n geleentheid.  Die KragDag Ekspo vind weer vir die 6de keer plaas op Diamantvallei Landgoed, so 25km oos van Pretoria, op 27 en 28 Junie. Die ekspo groei elke jaar, en 2014 is nie ‘n uitsondering nie. Die hektoegang is R35 per volwassene en kinders onder 18 kry gratis toegang.  Daar is egter geleentheid om soos verlede jaar vooraf te registreer en gratis toegang tot die ekspo te verkry.  Registrasies geskied op www.kragdag.co.za

Daar is ook baie moeite gedoen om tydens die 2014 Ekspo geleentheid te bied vir ouers om te skakel met onderrig diensverskaffers. Terwyl baie van die diensverskaffers fokus op die Tuisskool mark, is hulle produkte veelvoudig genoeg sodat ouers van skoolgaande kinders dit ook kan gebruik en so kan investeer in hulle kinders se toekoms. Daar bestaan ‘n behoefte in die jeug van vandag om nie net kos, klere en onderrig van hulle ouers te ontvang nie, ons kinders smag na opvoeding, na tyd saam met hulle ouers en die opvoedkundige uitstalling beloof om een van die hoogte punte te wees waar ouers kan gaan soek vir oplossings om konstruktief in hulle kinders te kan inbou.

Groot opgewondenheid heers ook oor die twee gelyklopende CDAA KragDag seminare wat op Donderdag 26 Junie, ook op Diamantvallei Landgoed gehou word. Die een seminaar is gefokus op die man op straat met praktiese en werklike getuienisse oor ’n selfstandige lewenswyse met volhoubare energie, biogas, alternatiewe konstruksie en meer. Die tweede seminaar is veral vir entrepreneurs en enige iemand met ’n besigheidsaanslag. Die seminaar handel oor besigheidsgeleenthede binne die alternatiewe energie industrie en dit beloof om ’n treffer te wees. Die inligting wat op hierdie seminaar verskaf word sal teenwoordiges toerus om mense se frustrasies te gebruik as inkomstegenerende geleentheid!

Vir program inligting en besprekings besoek kragdag.co.za of skakel. Dit is noodsaaklik om vooraf te registreer vir die seminaar. Dit kan ook op KragDag.co.za gebeur. Die koste vir die seminaar is R200 per person en dit sluit ’n ligte middagete in.

Natuurlik geskied al hierdie bedrywighede binne die karnaval atmosfeer waarvoor KragDag alreeds bekend is. Daar is meer as genoeg om te eet en te drink by KragDag. Weer het ons die Jong Entrepreneurs kompetisie soos geborg deur AfriForum. Daar is ook vermaak vir die kinders, ‘n snuffelmark met ander lekkernye en handige produkte. Bring die kinders en kom ry op die trekker en sleepwa wat hierdie jaar ‘n pendeldiens vanaf die parker terrain tot by die ingang verskaf.

In die opelug Amfiteater is daar sprekers soos Dawie Roodt en kundiges soos Carel Ballack van die CDAA wat vrae rondom alternatiewe energie en alternatiewe lewenstyle kan beantwoord.

Julle kan julle ook kom vergaap aan Chris Batts wat tydens die Saterdag se ekspo dag gaan poog om ‘n wêreldrekord op te stel vir die meeste keer wat iemand ‘n 100kg buiteband in 12 ure kan omdop. Kom ondersteun gerus vir Chris, wat reeds 17 Wêreldrekords agter sy naam het.

Ons sien jou by KragDag 2014!

Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Picture
    Picture

    Tender Alerts
    ​

    Tenders available to Gold Members....

    Categories

    All
    Air Conditioning
    Algae
    Alternative Energy
    Battery
    Battery Backup
    Bioenergy
    Biofuel
    Biogas
    Biomass
    Blockchain
    Business Opurtunities
    Carbon Credits
    Carbon Footprint
    Carbon Tax
    Carbon Trading
    Clean Cook Stoves
    Climate Change
    Cogeneration
    Concentrated Solar Power
    Cpv
    Csp
    Demand Side Management
    Desalination
    Distributed Generation
    Electric Vehicles
    Embedded Generation
    Employment
    Employment Wanted
    Energy Efficiency
    Energy Management
    Energy Storage
    Eskom
    Events
    Events And Conferences
    FreedomCor
    FSAAEA
    Fuel Cells
    Funding
    Funding For Renewables
    Funnies
    Gas
    Gas Generation
    Gas To Liquids
    Gas To Power
    Generators
    Green Building
    Green Cities
    Heat Recovery
    Hydrogen
    Hydro Power
    Independant Power Producer
    Integrated Resource Plan
    Inverters
    Ipp
    Irp
    Kinetic Energy
    Landfill Gas
    Led Lighting
    LiFePO4
    Load Shedding
    Member Profiles
    Members
    Member Updates
    Methane
    Microgrid
    Mini Grids
    Miscanthus
    MSAAEA
    Nersa
    Net Metering
    News Africa
    News Global
    News South Africa
    News UK
    News USA
    Nuclear
    Ocean Power
    Our Partners
    Our Social Responsibility
    Pay As You Go Solar
    Power Purchase Agreement
    Power Ship
    Ppa
    Pv Mounting Systems
    Reipppp
    Renewable Energy
    Renewable Energy Events
    Renewable-energy-tax-incentives
    Renewables
    Renewables South Africa
    Risk Management
    Rooftop Pv
    SAAEA
    Shale Gas
    Small Project Ipp
    Solar Aircon
    Solar Power
    Solar Pv
    Solar Water Heating
    Solar Water Heating Swh6206859afc
    South Africa
    Specials
    Sustainable Development
    SWH
    Technologies
    Tenders
    Tenders For Renewable Energy
    Tesla
    Thin Film Pv
    Training
    Tyre Depolymerisation
    Tyre Recycling
    Ups
    Waste To Energy
    Water
    Wave Power
    Wind Farm
    Wind Measurement
    Wind Power
    Yingli

    RSS Feed

    See older posts...

    View my profile on LinkedIn
Powered by Create your own unique website with customizable templates.