
Jy word uitgenooi om vandag nog te bespreek om jou uitstalruimte te verseker by Kragdag 2013 en opgeneem te word in Kragdag se bemarkingsmateriaal!
Wat is Kragdag?
Kragdag verskaf deur produkbekendstellings en opvoedkundige inligting, blootstelling aan alternatiewe lewenstyloplossings vir die gewone huishouding, hoewe- en plaasbewoners en klein ondernemings. Kragdag se leuse is “Doen jou eie ding!” en fokus daarop om self- en onderlinge versorging in ‘n gemeenskap moontlik te maak op ‘n manier wat wegdoen met afhanklikheid van groot verspreidingsnetwerke. Sterk klem word geplaas op hernubare energie en aanverwante aangeleenthede, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander tegnologiese en innoverende ontwikkelings wat ‘n lewe van selfbehoud moontlik maak. Kragdag probeer veral om die publiek in aanraking te bring met praktiese oplossings.
Kragdag 2013 (hierdie jaar se ekspo) bied ’n besonder waardevolle bemarkingsgeleentheid teen ’n werklik bekostigbare prys. Sowat 3 000 besoekers, wat gretig is om hulle op die terrein van selfbehoud te begeef, het 2012 se Ekspo bygewoon.
Kragdag 2013
Die Kragdag ekspo is ’n buitelug uitstalling met ‘n unieke karakter en is waarskynlik die enigste Afrikaanse geleentheid van hierdie aard, waar klem gelê word op volhoubaarheid, effektiewe ontwerp om energie- en water gebruik in te perk, benutting van alternatiewe energie, veiligheid en selfs voedselproduksie.
Vanjaar se ekspo word gehou op Saterdag 29 Junie 2013 te Diamantvallei, 20km oos van Pretoria.
Die feestelikheid van die dag gaan egter nie agterweë gelaat word nie en die dag sal vir die hele gesin in ‘n karnaval atmosfeer geskied.
Deur uitstallings, produkdemonstrasie en ‘n opvoedkundige teater sal besoekers die geleentheid hê om inligting te bekom, selfbehoud oplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem. Uitstalruimte is egter beperk tot 200 uitstallers.
Waar kan voornemende uitstallers meer besonderhede kry?
Klik hier om die Prospektus van Kragdag 2013 te besigtig.
Klik hier om die Kragdag 2013 uitstaller aansoekvorm af te laai. Die vorm kan elektronies ingevul word, en terug gestuur word na info@kragdag.co.za of gefaks word na 086 771 1091.
Besoek ook die webtuiste by www.kragdag.co.za of skakel Risella by 012-940 1942 / 012-736 2457 vir enige verdere inligting of navrae.