
Die ekspo geskied in 'n karnavaal atmosfeer vir die hele gesin.
Deur uitstallings, produkdemonstrasie en ‘n opvoedkundige teater sal besoekers die geleentheid hê om inligting te bekom, selfbehoud oplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem.
Vir meer inligting klik hier om die Prospektus van KragDag 2013 te besigtig.
Dawie Roodt, aanbieder by KykNet se Ontbytsake en hoofekonoom van The Efficient Group, is die hoofspreker by hierdie jaar se Ekspo.
Wat se blootstelling kan u onderneming verwag?
Sowat 3 000 besoekers, wat gretig was om hulle op die terrein van selfbehoud te begeef, het 2012 se Ekspo bygewoon en ons het uitstekende terugvoer van die uitstallers ontvang.
Hierdie jaar het ons die intensiteit van ons bemarkingsveldtog verhoog met drie joernaalprogrambydraes en KragDagverslae per week by Radio Pretoria en advertensieveldtogte op Radio Oosrand, Radio Bosveld en Radio Kragbron.
Hierbenewens adverteer ons onder andere ook in verskeie publikasies en die sosiale media.
Addisioneel hiertoe bied ons, anders as in die verlede, vir besoekers wat vooraf registreer die geleentheid om die ekspo gratis by te woon.
Dit alles verhoog ons verwagting vir hierdie jaar se besoekerstal en bied vir u onderneming 'n uitstekende bemarkingsblootstelling teen minder as 'n tiende wat uitstalruimte in 'n soortgelyke besigheid-tot-besigheid uitstalling u ondermening sou kos.
Benewens die bemarkingswaarde van u uitstalling, word u onderneming se besonderhede opgeneem in ons volkleur Ekspo Program, wat aan elke besoeker verskaf word en dien as voortdurende verwysingsbron. Die besonderhede vertoon ook vir 'n jaar lank op KragDag se webtuiste.
Wat kos dit?
Die koste is R450 per uitstalruimte. Teen ongeveer 10c tot 15c bemarkingskoste per besoeker, spreek die waarde vanself. Kragpunte en ander items is opsioneel en addisioneel.
Maar dit is nie al nie!
KragDag bied boonop vir u onderneming verskeie waardetoegevoegde geleenthede, soos om te adverteer in KragDag se volkleur program, 'n promosiegesprek op Radio Pretoria teen ongeveer die helfte van die normale koste, 'n gratis promosie aanbieding tydens die ekspo.
Vir meer inligting klik hier.
Sluitingsdatum vir inskrywings
Afsnydatum vir uitstallingbesprekings is 7 Junie 2013. Uitstalruimte is egter beperk tot 200 uitstallers, so spring gou om u onderneming se spasie te bespreek!
Klik hier om die Kragdag 2013 uitstaller aansoekvorm af te laai. Die vorm kan elektronies ingevul word, en terug gestuur word na info@kragdag.co.za of gefaks word na 086 771 1091.
Kontak KragDag
Besoek ook ons webtuiste by www.kragdag.co.za of skakel Risella by 012-940 1942 / 012-736 2457 vir enige verdere inligting of navrae.