
Terwyl ons land se kragvoorsiener voor die begin van die winter reeds in die media laat weet dat hulle oorweeg om na fase 4 beurtkrag-toepassing oor te gaan, is ons besig om die reelings in plek te kry vir die jaarlikse KragDag Ekspo. Vanjaar het Solidariteit besluit om as ons hoofborg op te tree, daarom sal die geleentheid vanjaar bekend staan as die Solidariteit-kragdag.
Uitnodiging
Ons nooi u graag om vanjaar die Solidariteit KragDag Ekspo by te woon. Dit vind plaas op 26 en 27 Junie op die Diamantvallei Landgoed, sowat 20 km oos van Pretoria. (U kan vooraf aanlyn as besoeker registreer en gratis toegang tot die ekspo verseker).
Almal word gekonfronteer met die uitwerking van die elektrisiteitskrisis wat die land tans ervaar. U kan baie baat by die oplossings wat hierdie Ekspo teen die kragrisiko bied. Vir meer inligting kan u gerus gaan loer na die KragDag webblad (www.kragdag.co.za) of dieSolidariteit KragDag 2015 Prospektus aflaai – of sommer regstreeks met ons skakel.
Wat is KragDag nou weer?
KragDag het in 2007 ontstaan as ‘n privaat inisiatief nadat Eskom se tariewe drasties begin styg het en die lewering van Eskom elektrisiteit onbetroubaar geword het. Inligting en oplossings wat oor alternatiewe beskikbaar was, was destyds hoofsaaklik gerig op groter ondernemings en die staat. Die gevolg was ‘n besluit om die eerste KragDag ekspo te reël wat 'n uitstalkas sou bied van alternatiewe energie en leefstyloplossings vir gewone huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en klein ondernemings. Die reaksie van die publiek was so positief dat daar besluit is om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Sedertdien groei die Ekspo jaarliks in omvang en inhoud. Met die toetrede van Solidariteit as hoofborg sal die Ekspo vanjaar bekendstaan as Solidariteit KragDag.
Wat is die karakter van KragDag?
KragDag se leuse is “Doen jou eie ding!” Voorsien dit self en help mekaar onderling! Dit kan ons doen as ons nie meer afhanklik is van staatsondersteunde verspreidingsnetwerke nie. Meer nog: ons gee aandag aan hernubare energie, omgewingsvriendelike opwekking van energie en bekostigbare moontlikhede. Kragdag bied 'n platform waar produkte en opvoedkundige inligting oor alternatiewe lewenstyloplossings beskikbaar gestel word. Die KragDag ekspo het ‘n unieke karakter en is waarskynlik die enigste Afrikaanse geleentheid van hierdie aard, waar klem gelê word op volhoubaarheid, energievriendelike konstruksiemetodes, waterontginning en -hantering, veiligheid, voedselproduksie, nuwe tegnologie wat jou lewe kan verander, doen-dit-self oplossings en ekonomiese en finansiële vryheidsmodelle. Verder dien dit ook as 'n broeikas vir entrepreneurs en is daar ’n opvoedkunde sub-ekspo wat in samewerking met die Vereniging vir Tuisonderwys gehou word. U kan vooraf aanlyn as besoeker registreer en gratis toegang tot die ekspo verseker (www.kragdag.co.za).
Wat is die belangstelling vir kragdag?
Verlede jaar se KragDag ekspo het die geleentheid vir sowat 190 ondernemings gegee om hulle produkte en dienste bekend te stel en die Ekspo is deur 5 800 mense bygewoon. Die besoekers het ‘n lewendige belangstelling in die uitstallings gehad met baie positiewe terugvoer van beide die besoekers en uitstallers.
Met die huidige Eskom fiasko verwag ons 'n aansienlike toename van besoekers hierdie jaar.
Wat word beplan?
Uitstallings!
Besoekers kan hierdie jaar uitsien na meer uitstallers met 'n groter verskeidenheid. KragDag moedig ook uitstallers aan om, behalwe vir die groter geïntegreerde oplossings, veral ook produkte beskikbaar te hê wat die besoeker net daar en dan kan aanskaf en hom sodoende die geleentheid gee om nog ‘n stap te gee in die rigting van selfstandige en vrye voorsiening van energie, of dit die aanskaf van ‘n LED gloeilamp is en of dit ‘n yskas is wat aan ‘n sonpaneel gekoppel is.
Fees!
Die feestelikheid van die dag gaan egter nie agterweë gelaat word nie en die dag sal vir die hele gesin in ‘n karnaval atmosfeer geskied – daar sal selfs die geleentheid vir helikopter vlugte en perde-ritte wees. Daar sal ook interessante sleutelsprekers tydens die Ekspoin die amfiteater optree.
Kom bevredig jou nuuskierigheid!
Toepassings wat uitgestal sal word dek die terreine van beligting, waterverhitting, klimaatbeheer van geboue, verkoeling en gaarmaak van kos, meganiese toebehore, elektriese en elektroniese oplossings, voedselproduksie, brandstofvervaardiging, beveiliging, waterbesparing en rioolbenutting, “groen” oplossings vir ontspanning, produkte uit herwinde materiaal en energie effektiewe argitektuur.
Energiebronne wat sal figureer sluit in son, gas, hout/steenkool, wind, water, menskrag, brandstof/gel, elektrisiteit, geotermies en passiewe energiebronne.
Met die demonstrasie van die produkte en toeligting in die opvoedkundige teater sal besoekers die geleentheid hê om inligting te bekom, selfbehoud oplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem.
Kompetisies vir jong entrepreneurs!
Spesiale klem word gelê op innovering en nuwe oplossings en KragDag bied ook verskeie kompetisies vir innoverende idees, entrepreneurskap en uitstallings. In hierdie opsig word veral jongmense betrek.
U kan vooraf aanlyn as besoeker registreer en gratis toegang tot die ekspo verseker (www.kragdag.co.za).
Seminaar!
Tydens die Ekspo word 'n seminaar teen 'n nominale fooi aangebied wat die publiek toerus met die nodige kennis om ingeligte besluite oor die implementering van energieselfstandige oplossings te maak.
Wat is die waarde vir u?
Hernubare energiebronne en ‘n volhoubare lewenstyl is ‘n populêre onderwerp wat die meeste lesers se aandag prikkel. Dit is ons ervaring dat ‘n geleentheid soos hierdie ‘n groot aantrekkingskrag het en dat mense dors na meer inligting oor die onderwerp. Ons glo dat dit nie net ‘n modegier is nie, maar dat daar toenemend oplossings beskikbaar raak wat toekomsgerig en al hoe meer bekostigbaar is. Die komende ekspo wil ‘n waardevolle diens lewer aan diegene wat honger na onder andere oplossings om hulle vry te maak van Eskom se hoë tariewe en die frustrasies van beurtkrag. U kan vooraf aanlyn as besoeker registreer en gratis toegang tot die ekspo verseker (www.kragdag.co.za). Op ons webblad sal U ook 'n skakel kry na Facebook (https://www.facebook.com/Kragdag ) en na Twitter (https://twitter.com/@KragdagEkspo) Ons sal dit hoog op prys stel as u ons daar 'like'- klik.