
KragDag adverteer vanjaar oor vier radiostasies: Radio Bosveld, Radio Pretoria, Radio Kragbron en Oosrand Stereo. Jy het ook al moontlik ons advertensie gesien in die Bronberger, Vryburger, Pro-Agri, Ontbytsake of elders. Hoe ook al: KragDag gaan GROOT vanjaar en is op almal se lippe. Hier word al die toutjies by mekaar gebring en kan jy, as besoeker, die ingeligte keuses maak.
Met Eskom wat jaarliks met minstens 8% styg en brandstofpryse wat die hoogte in skiet, is KragDag 2013 die regte plek om oplossings te vind!
Wat behels KragDag 2013?
KragDag se leuse is "Doen jou eie ding!" en die KragDag ekspo, gerig op die eindgebruiker, is ’n buitelug ekspo met ‘n unieke karakter waar klem gelê word op volhoubaarheid, effektiewe ontwerp om energie- en water gebruik in te perk, benutting van alternatiewe energie, veiligheid, voedselproduksie, opvoeding en selfs konstruksie.
KragDag Seminaar 28 Junie
As toevoeging tot Kragdag 2013, bied SESSA (Sustainable Energy Society Southern Africa) vanjaar die dag voor die ekspo 'n seminaar aan, propvol leersame bydraes deur verskeie kundiges. Hier sal jy toegelig word met feite oor alternatiewe energie voor die volgende dag se ekspo. Koste beloop R180 per persoon, en sluit middagete en gratis toegang tot die ekspo op Saterdag, 29 Junie, in. Sitplekke is egter beperk, so spring gou om jou kaartjie bespreek. Besoek www.kragdag.co.za om die program te besigtig en te registreer vir die seminaar.
Hoogtepunte by KragDag 2013
Dawie Roodt, aanbieder by KykNet se Ontbytsake en hoofekonoom van The Efficient Group, is die hoofspreker by vanjaar se ekspo. Sy aanbieding word 10:00 in die Teetuin gehou waar hy sal gesêls oor "Entrepeneurskap en die werklike rol van die regering"
Om 11:00 sal die Universiteit van Johannesburg 'n demonstrasie met 'n sonmotor lewer by die Teetuin, waarna Musica Bella, 'n simfonie-orkes, sal afsluit met 'n optrede.
Elektriese motors sal ook by KragDag 2013 te sien wees, kom gesêls gerus met die kenners op die gebied!
Deur die loop van die dag word daar 20 minute produkbekendstellings en demonstrasies in die Kapel aangebied, wat jou kan help om onafhanklik te lewe!
Die ekspo geskied in 'n karnaval atmosfeer vir die hele gesin met 'n snuffelmark, jong ondernemer-uitstallings, helikopter- en perderiite, 'n Biertuin en heerlike eetgoed.
Waar word KragDag 2013 gehou?
KragDag 2013 word vanjaar weer op Diamantvallei gehou, 20km oor van Pretoria langs die N4 snelweg. Besoek gerus die webwerf, www.kragdag.co.za vir roete-aanwysings.
Wat is die koste aan KragDag 2013 verbonde?
Toegangsfooie is R25 per persoon (kinders onder 18 gratis), met R10 parkeerfooi per motor. Die goeie nuus is egter dat indien jy vooraf registreer op www.kragdag.co.za, jy jou toegangskaartjie tot die ekspo heeltemaal GRATIS kry! So moenie wag nie, indien jy dit nog nie gedoen het nie registreer NOU om te kwalifiseer vir 'n gratis toegangskaartjie. Nooi jou vriende en familie, almal is baie welkom om die saam met ons te kom geniet!
Stuur sommer hierdie nuusbrief vir jou vriende en kennisse aan!
Hou jy al van ons op Facebook? Indien nie, klik hier. Op Facebook word al ons vriende op hoogte gehou oor die nuutste tendense in die alternatiewe wêreld.